As ambassadeur vir die Musefees in Groot-Brakrivier en die hoogs suksesvolle Musefees in 2022 sien ek met groot opgewondenheid uit daarna om weer in hierdie hoedanigheid betrokke te raak by die Musefees wat vanaf 21-23 September 2023 in Groot-Brakrivier plaasvind.
As Burgemeester en feesganger bied dit vir my die geleentheid om Groot-Brakrivier op informele wyse te besoek en sigbaar te wees by die aktiwiteite wat plaasvind.
Groot-Brakrivier val binne die Mosselbaai Munisipale Area waar ek as Burgemeester dien en die Musefees is ’n uitstekende platform waardeur die gemeenskap my beter – en ek hulle beter – kan leer ken.
Dit lê nog vars in my geheue met hoeveel verwondering ek, my vrou Riëtte, en Onder-Burgemeester Cliffie Bayman, meegevoer is deur die Kwilt- en Tekstiel-uitstalling, om maar een van die talle hoogtepunte uit te lig. Ek moedig u hartlik aan om hierdie kuns- en kultuurgeleentheid te ondersteun!
Midde-in ons eie Mosselbaai Kunstefees bly dit vir my belangrik om enige inisiatiewe te ondersteun wat hul eie dorpe se ekonomiese groei help stimuleer deur bv. die unieke Muse-lin * kompetisie vir restaurante, platforms vir die jeug, musiekuitvoerings vir oud en jonk, belangstellings in stokperdjies deur die Muse vir Mans, kreatiewe werkswinkels, ’n Beeldhoupark, Art Meander en vele meer.
Artikel uit The Post, Augustus 2023
Soms vra feesgangers of plaaslike inwoners wie is betrokke by die Musefees se organisering. Ons vertel graag meer:
LAURINDA SMIT
As inwoner van Groot-Brakrivier sedert 1999 het ek spreekwoordelik ’n boorling geword van wat eens ’n klein stranddorp was. Die eenvoud van die dorpie het vinnig begin plek maak vir nuwe intrekkers en ’n bloeitydperk is ingelei. Met die aangroei van die dorp het dit duidelik geword dat daar groot potensiaal is indien entrepreneurskap aan die dag gelê word; dit sou beteken dat daar uitgereik moet word na ander rolspelers in die gemeenskap wat ook bereid is om baanbrekerswerk te doen ten bate van alle inwoners. Die feit dat ons bevoorreg is om ’n munisipale infrastruktuur te hê wat inisiatiewe ondersteun en toestemming verleen soos nodig, maak enige taak makliker. Ek is dankbaar dat ek as groentjie vanuit die Vrystaat hier ’n nuwe begin kon maak en my kennis en kundigheid kon investeer: sodoende kan ek nie slegs vandag ’n inkomste vir myself genereer nie, maar vreugde put daaruit dat daar vele ander is wat by hierdie inisiatiewe baat vind.
Een so ’n inisiatief is die Musefees wat ek en Annlerie van Rooyen in 2022 by die vorige organiseerders oorgeneem het. Hierdie fees kan nou voortleef in ’n nuwe gedaante. Ons is oortuig dat hierdie fees ons geliefde Groot-Brakrivier nog méér aantreklik sal maak vir sy inwoners en besoekers.
ANNLERIE VAN ROOYEN
I have always been fascinated by the artistic process and how it evolves from nothing to pieces of inspired beauty and self-expression, regardless of the medium used. Being in the publishing industry for so many years not only exposed me to some incredible art and crafts (during the days that we could still publish lavish coffee table books) but also enabled me to travel overseas regularly which led to marvellous creative explorations and exposure.
To help organize the Muse Festival in Great Brak River while being fortunate enough to live here, is a wonderful opportunity not only to continue these explorations, but also to give back to the community, to help nurture the youth, spread beauty and help create platforms to further creativity in all its forms. Most importantly for me, are the connections formed during the process which will enable young and old to help fulfill their dreams and unlock their creative potential – all this while helping to give our beautiful town the exposure it so deserves.
Die tema Nurture Nature het organies ontstaan tydens die opstel van die program van 2023 se Musefees. Dit word op vele vlakke weerspieël in die werkswinkels, die Muse vir Mans, ons amptelike afskop van die Musefees op 2 September, die kinderkuns deur Laerskool Vorentoe en die betrokkenheid by Great Brak Rvier Conservancy en die Garden Route Botanical Garden.
Delight in the mystery of your inner muse, Cheryl Richardson.
Die Musefees poog om almal se muses aan te wakker deur die inspirerende program, veral op die gebied van musiek. Vanjaar bied ons opvoerings uit die boonste rakke met Anna Davel, Petronel Baard, Henco Bester, die Suid-Kaap Kinderkoor en Yin Xiong.
Copyright © 2024 MUSEFEES - All Rights Reserved.
With thanks to Generation Media